Het jy 'n vraag in een van jou vakke wat jy nie kan antwoord nie? Vra Mari!
Sukses is jou voorland! Tot 20% verhoging in jou punte

Kry die punte wat jy verdien! Met ekstra bystand in die plekkies waar jy dit nodig het! Moenie opgee nie. Hierdie ekstra klasse bied meer as net 'n basis vir ekstra hulp. Dit is ook 'n motiverings middel, iets wat elke hoërskool leerder broodnodig het. Al is dit steeds jou verantwoordelikheid om self die werk te gaan leer, oefen en bemeester, bied die ekstra klasse jou riglyne oor hoe om juis dit te doen! Elke persoon het 'n ondersteunings basis nodig, en dit is presies wat die ekstra klasse bied.
CAPS gekonsentreerde ekstra klasse

Die ekstra klasse is volkome gebasseer op die CAPS sillabus. Al het ek (Mari-Louise) nie met die CAPS sillabus skoolgedraf nie, is ek op datum met al die veranderinge in die sillabus. Ek het ook wiskunde 3 geneem in matriek, om sodoende 100% op datum te wees met die nuwe CAPS sillabus. U kan dus gerus wees dat ek al die kennis van hierdie sillabus opgedoen het. As daar kommerpunte is tydens die klasse, sal ek die antwoorde daarvoor uitvind en seker maak dat ek in die opeenvolgende klas dit aan U kind verduidelik.
Verskillende leerders vereis verskillende studie metodes

As ouer weet jy jou kind is baie anders as al die ander. As leerder weet jy, jou manier van 'highlight' verskil hemelsbreed van die van jou mede maats. Dit is juis hieroor dat die ekstra klasse gefokus is op jou spesifieke manier van leer! As die leerder nog nie 'n spesifieke studie metode ontwikkel het wat by hom of haar pas nie, kan die ekstra klasse hom of haar ook help om hierdie studie metode te vind en te ontwikkel, om die leerproses te vergemaklik.
Eksamen voorbereiding en hulp

Dit is vir my as tutor baie belangrik dat die leerders nie net die werk verstaan nie, maar weet hoe om dit oor te dra op papier en die punte kry vir die kennis wat hy of sy opgedoen het. Dit is gewoonlik in hierdie verband waar leerders punte verloor, nie omdat hulle nie die werk hard genoeg geleer het nie. Ek verskaf ook 'n spesifieke "LEER HOE OM EKSAMEN TE SKRYF" klas waar ek fokus op die voorbereiding vir en beantwoording van 'n vraestel in elke vak wat die leerder het.
In Die Nuus
Matriekuitslae 2014
Baie geluk aan al die matrieks van 2014 wat geslaag het! en 'n groot applous vir die Toekomstige Einsteins matrieks. Ons is trots op julle!!
Januarie, 2015
Matriekuitslae vir 2014 matrieks
Net die identiteitsnommer en eksamennommer sal in die koerante verkyn vanaf volgende jaar
November, 2014
WITS wysig keuring vir medies
Veranderinge in die keuring vir mediese studente by WITS vanaf 2015
Julie, 2014
